- About Us
- Our Tours
- 2012
- Upmarket
- Rates & Dates
- Photo Gallery
- General Information
- Contact Us
- Home

Vanaf Johannesburg (& PTA) na Oudtshoorn
9de Jaar van treintoere na die KKNK
Ons het vanjaar ‘n 5-dag & 6-dag treintoer (uit-en-tuis), EN u het nog steeds drie of vier dae om by die Fees te spandeer!
Ons reis weer met die Trans Karoo Toeristeklas trein, verskaf sekuriteit, neem u per bus vanaf Beaufort Wes na Oudtshoorn, slaap twee of drie nagte in die Langenhoven Gimnasium se puik skoolkoshuis in die dorp (soos in 2007, 2008, 2009 & 2010), verskaf ontbyt elke dag en reis weer per bus en trein terug na Johannesburg. U spandeer nog steeds ‘n hele paar dae in Oudtshoorn, maar is net 5 of 6 dae dae weg van die huis af. (Afhangende van watter toer u kies) EN ons doen dit teen ‘n meer bekostigbare pryse as vorige jare!
U het nou ook ‘n keuse van twee toerdatums waaruit u kan kies. Die plekke beskikbaar per toer is egter ietwat minder as in die verlede. So bespreek eerder NOU. Al die vorige jare se toere was vroeg reeds uitverkoop.
Dit is ‘n ideale geleentheid vir gesinne & vriende om weer veilig saam trein te ry en op ‘n baie bekostigbare en lekker wyse na die Klein Karoo Nasionale Kunstefees in Oudtshoorn te reis. Die treintoere vind natuurlik ook in die skoolvakansie plaas.
Die roete wat ons met die trein volg, neem ons vanaf Johannesburg oor Potchefstroom, Klerksdorp & Kimberley na Beaufort Wes! (Die trein vertrek nie meer uit Pretoria nie!) Sien die vertrektye hieronder.
Besoek gerus die KKNK webwerf by www.kknk.co.za Die KKNK Feesdatums is van Saterdag 2 tot Saterdag 9 April 2011.Naam van Toer 2011 Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) Treintoer
Toerdatums & Nommer
Dis skoolvakansie!
Vrydag 3 April tot Dinsdag 7 April 2011 (5 Dae)
KKNK #1
Maandag 6 April tot Saterdag 11 April 2011 (6 Dae)
KKNK #2
Vertrektye
Johannesburg 12:30 Platform 16 Day 1 Beaufort Wes 19:50 Platform 1 Day 4 of 5 Johannesburg - Cape Town - Johannesburg
Train Station Arrival Departure Train Station Arrival Departure Johannesburg 12:30 day 1 Beaufort west 19:25 day 4 or 5 19:50 day 4 or 5 Krugersdorp 13:09 day 1 13:14 day 1 Hutchinson 21:34 day 4 or 5 21:39 day 4 or 5 Potchefstroom 15:16 day 1 15:29 day 1 De Aar 23:25 day 4 or 5 23:45 day 4 or 5 Klerksdorp 16:09 day 1 16:25 day 1 Kimberley 03:32 day 5 or 6 03:46 day 5 or 6 Christiana 19:11 day 1 19:16 day 1 Warrenton 04:43 day 5 or 6 04:48 day 5 or 6 Warrenton 19:49 day 1 19:55 day 1 Christiana 05:16 day 5 or 6 05:21 day 5 or 6 Kimberley 20:54 day 1 21:10 day 1 Klerksdorp 08:14 day 5 or 6 08:26 day 5 or 6 De Aar 01:18 day 2 01:35 day 2 Potchefstroom 09:08 day 5 or 6 09:13 day 5 or 6 Hutchinson 03:30 day 2 03:35 day 2 Krugersdorp 11:20 day 5 or 6 11:25 day 5 or 6 Beaufort West 06:05 day 2 06:15 day 2 Johannesburg 12:16 day 5 or 6 Looptye van die trein is nie gewaarborg nie.
U kan by enige van hierdie stasies op die trein klim. Dui net so op u Besprekingsvorm aan.
Vervoer is tussen Pretoria na Johannesburg-stasie (en terug) beskikbaar @ R170 pp/rit. Kontak ons kantoor & bespreek u plek.
Arriveertye
Oudtshoorn +-09:00 Day 2 Johannesburg 12:16 Platform 16 Day 5/6
Toerprys 4-Bed Kompartement & 4-Bed Kamer
5-Dag Treintoer KKNK # 1
Prys perVolwassene Aantal Persone per Kompartement & kamer R2550 4 R2960 3 R3790 2 2-Bed Koepee & 4-Bed Kamer
Prys perVolwassene Aantal Persone per Koepee & kamer R3110 2 R4710 1
Toerprys 4-Bed Kompartement & 4-Bed Kamer
6-Dag Treintoer KKNK # 2
Prys perVolwassene Aantal Persone per Kompartement & kamer R2800 4 R3270 3 R4220 2 2-Bed Koepee & 4-Bed Kamer
Prys perVolwassene Aantal Persone per Koepee & kamer R3540 2 R5500 1
Kinders
(2 – 9 Jaar) wat ‘n kompartement & kamer met 2 volwassenes deel kry ‘n R400 pp korting. Kinders jonger as 2 jaar, wat ‘n bed & bussitplek met die ouer deel, kan gratis saamry.
Ingesluit in prys
Retoer treinrit vanaf Johannesburg na Beaufort Wes, 2 nagte akkommodasie op trein, 2 of 3 nagte akkommodasie in koshuis (B&O), busvervoer (semi-luuks, retoer) tussen Beaufort Wes en Oudtshoorn, toergids, sekere etes, veiligheid & sekuriteit.
Nie ingesluit by die toerprys
Beddegoed (vir trein en koshuis), handdoeke, badproppe, KKNK-taxi-vervoer in Oudtshoorn, kaartjies vir enige vertonings & Omvattende Reisversekering.
Deposito
U betaal ‘n nie-terugbetaalbare deposito van R500 per persoon wanneer u die plek bespreek. Die balans is betaalbaar ses weke voor vertrekdatum. Indien dit nie betaal word nie, word u plek outomaties gekanselleer.
Etes
Alle ontbyte en een aandete op die trein is ingesluit by die toerprys. Die ander etes geniet u by die KKNK-werf (eie sak).
Roete
Johannesburg/Potch/Klerksdorp/Kimberley/Beaufort Wes/Oudtshoorn
Klim ook langs die roete op die trein.
Die busrit tussen Beaufort Wes en Oudtshoorn sal sowat 3 ure duur.
Verblyf in Oudtshoorn
Verblyf in Oudtshoorn tydens die KKNK is skaars en duur. Die Langenhoven Gimnasium se koshuis is goed geleë in die dorp, het pragtige tuine, sportvelde en ‘n swembad (dit raak lekker warm tydens die KKNK), genoegsame skoon badkamers (baddens en storte), lê op die KKNK-taxi roete en is veilig. Elke kamer het 4 beddens in, maar u kan 2 of 3 of 4 mense per kamer bespreek. (Sien die verskil in pryse hierbo).
Vertonings by die KKNK
U doen al u besprekings self. Ons stel voor dat u NIE op die dag van aankoms in Oudtshoorn ‘n voormiddag-bespreking doen nie.
Besprekings sluit
sodra die trein vol is. Daar is uiteraard net ‘n beperkte aantal plekke op die trein en in die koshuis bespreek. Verseker u plekke nou.
Bagasie
Elke passasier word toegelaat om een tas, ‘n handsak (‘vanity case’) en beddegoed saam te neem. Die plek beskikbaar vir bagasie op die bus is beperk. (Moet asb. NIE u hele klerekas saambring nie! Net lekker dra-klere). Moet asb. ook nie groot artikels by die KKNK aankoop nie.
Bespreek NOU!
Nota #1
2011 se KKNK vind vanaf Saterdag 2 April tot Saterdag 9 April 2011 plaas.
Reisgroete
Johan Badenhorst &
Die JB Train Tours Span
PS We host train tours to various destinations, occasions, sporting events, festivals & happenings all over Southern Africa. Including holidays, sporting events, transfers to ship cruises, company events, etc. We are also agents for the luxurious 'Premier Classe' & 'Shongololo Express' trains, as well as for Shosholoza Meyl.
Provisional PROGRAMME
2011 KKNK Treintoere
3 - 7 April (5 dae) & 6 – 11 April 2011 (6 dae)
| Day 1 | |
| Vanaf 11:30 | Passasiers meld by Johannesburg stasie aan – Platform 16 |
| 12:30 | Trein vertrek uit Johannesburg Middagete op trein (eie kostes of padkos) Aandete op die trein (ingesluit by toerprys) Passasiers word ook op die treinroete opgelaai Oornag op trein |
| Day 2 | |
| 06:05 | Trein arriveer in Beaufort Wes (Indien betyds!) Passasiers klim af Bus vertrek na Oudtshoorn Boek in by koshuis Ontbyt in koshuis (ingesluit by toerprys) Besoek KKNK Oornag in koshuis |
| Day 3 & 4 | |
| Ontbyt in koshuis (ingesluit by toerprys) Besoek KKNK Oornag in koshuis |
|
| Day 5 | |
| Ontbyt in koshuis (ingesluit by toerprys) Besoek KKNK Boek uit by koshuis |
|
| 16:00 | Bus vertrek na Beaufort Wes |
| 19:50 | Trein vertrek Oornag op trein |
| Day 6 | |
| Ontbyt op trein (ingesluit by toerprys) Middagete op trein (eie sak) |
|
| 15:20 | Arriveer Johannesburg – Platform 16 |
| Nota: | Die 5-Dag treintoer sal op Dag 4 (laatmiddag = 16:00) uit Oudtshoorn vertrek |