- About Us
- Our Tours
- 2012
- Upmarket
- Rates & Dates
- Photo Gallery
- General Information
- Contact Us
- Home

Vrydag & Saterdag 18 & 19 Februarie 2011
Twee vertonings
Vanaf Gauteng na Kurt se Wildsplaas buite Naboomspruit
Kom geniet die room van Afrikaanse kunstenaars (10+ van hulle op een dag bymekaar), in ‘n ongelooflik-lekker ‘vier-uur plus’ lange konsert. Al die bekende en groot name sal daar wees. Die volgende kunstenaars het reeds bevestig.
VRYDAG: Kurt met Thys die Bosveldklong, Jay (Eden), Lianie May, Ray Dylan, Rudi en Corlea, Bobby van Jaarsveld, Heinz Winckler, Snotkop, David Fourie & Pieter Koen.
![]() Bobby |
![]() Lianie |
![]() Heinz |
SATERDAG: Kurt met Juanita Du Plessies, Arno Jordaan, Nicholis Louw, Broers, Kevin Leo, Mathys Roets, Emo Adams, Romanz, Jakkie Louw & Steve Hofmeyer.
![]() Nicholis |
![]() Juanita |
![]() Steve |
Kurt verjaar op Saterdag 19 Februarie en hy het jare gedroom om sodanige fees aan te bied. Die Innibos Kunstefees se organiseerders in Nelspruit is genader om te help met die beplanning en logistieke reëlings en siedaar – op 20 Februarie 2010 het die eerste ‘inniBOSVELD’-fees plaasgevind. Die bywoningsgetalle het alle verwagtinge oortef. Wees vanjaar weer daar en geniet dit in die Bosveld saam met ons.
Verdere goeie nuus is dat daar op beide die Vrydag en Saterdag ‘n voor-program in die middag aangebied word waartydens opkomende musiekkunstenaars sal optree. U kan dit gratis bywoon!
Ons maatskappy is weer genader om bustoerpakkette na die fees aan te bied. Sommige van die talle voordele wat buspassasiers kry is dat daar nader aan die feesterrein gestop word en dat busse ry-voorrang kry. Hoe meer busse gaan des te minder motors op die pad en des te minder die swaar verkeer wat in 2010 ervaar is.
Ons het vir 2010 twee busse beplan en het wel met 6 soontoe gereis! In 2011 beloof dit om nog meer busse te wees!
U vertrek in die oggend per bus uit Centurion/Pretoria, die Oos Rand & die Wes Rand, kuier by die fees, woon die vertoning by en keer weer laataand terug.
Daar word met luukse busse gery & daar word langs die pad vir verversings gestop (eie sak). ‘n Gids ry saam, u spandeer kuiertyd voor die vertoning op die plaas en tussen die kuns- en kosstalletjies & geniet die fasiliteite en dan woon u die Musiekfees in die buitelug by.
PLUS ons reël vir u sekuriteitsdienste & parkering by die busse se opklimplekke: Dit is derhalwe nie nodig dat u by die opklimplek afgelaai word nie. NB Let asb. op dat JB Train Tours NIE verantwoordelikheid vir die veiligheid van u voertuie kan aanvaar of waarborg nie. U laat u voertuig nog steeds daar op u eie risiko.
Aangeheg vind u ‘n Besprekingsvorm om NOU te voltooi en aan ons terug te faks by 086 687 7344 of 011 913 0552. Bespreek NOU – die 2010 inniBosveld Musiekfees was uitverkoop! [Ons maatskappy bied ook jaarliks die bustoere na die Huisgenoot Skouspel aan en al ons plekke op daardie busse was die afgelope paar jaar uitverkoop]. Ons glo ook, saam met die organiseerders, dat hierdie tweede fees die voortsetting van vele meer Musiekfeeste in die Bosveld gaan wees…
Maak hierdie uitstappie sommer ‘n lekker kantoor-, kerk- of klub- of kuierfunksie. Nooi die pelle uit, stel ‘n groep vriende saam en kuier heerlik in die Bosveld saam. Dit gaan lekker informeel wees.
Die vertoning vind op ‘n reuse verhoog (onderdak) plaas, maar die gehoor (toeskouers) sit op die gras in die natuur. Onthou om ‘n kampstoeltjie saam te bring.
Neem asb. kennis dat GEEN sterk drank die feesterrein binnegeneem mag word nie. Moet dit dus NIE op die bus probeer saambring nie. U sal dit met groot ongemak & verleentheid by die opklimpunt moet los. Daar sal in 2011 voldoende kroeë, verversings-, kosstalletjies & toilette wees.
This is the second Music Festival to be hosted in the ‘Bosveld’ and so much better on the singer, Kurt Darren’s, game farm in the Limpopo province. Give yourself the day off and just be there.
Take the bridge or bowling club or perhaps the church committee – just be there!Naam van Toer Kurt Darren se ‘inniBOSVELD’ Musiekfees
Toerdatums & Nommer
Vrydag 18 Februarie 2011 Bos 1 Saterdag 19 Februarie 2011 Bos 2
Sien vertrektye en -plekke op program onder.
Toerprys
Vanuit Centurion & Pretoria:
Vrydag: R450 per volwassene en hoërskoolkinders
Laerskoolkinders betaal R360 ppSaterdag: R500 per volwassene en hoërskoolkinders
Laerskoolkinders betaal R400 pp
Vanaf Hillfox (Wes Rand) & Birchwood Hotel (Boksburg):
Vrydag: R500 per volwassene en hoërskoolkinders
Laerskoolkinders betaal R450 ppSaterdag: R550 per volwassene en hoërskoolkinders
Laerskoolkinders betaal R500 pp
Nota #1
Kurt verjaar op 19 Februarie & gee graag die afslag aan diegene wat saam met hom verjaar.
Nota #2
Volwassenes & hoërskoolleerders wat op Saterdag 19 Februarie verjaar, betaal R120 pp minder. U ID word saam met u bespreking benodig.
Laerskool kinders wat op Saterdag 19 Februarie verjaar, betaal R50 pp minder. ID word benodig saam met u bespreking.
Deposito
Die volle bedrag is betaalbaar met bespreking en is NIE-terugbetaalbaar nie, maar wel oordraagbaar na ‘n ander passasier.
Ingesluit in prys
Retoer busrit per luukse bus na Kurt se Bosveldplaas buite Naboomspruit, toegangskaartjie tot die inniBOSVELD Musiekfees, sekuriteitswagte by die opklimpunte (vir u motor se oppas), ‘n kampstoeltjie en toergids.
Uitgesluit
Enige aankope by die musiekfees, etes, drinkgoed, parkeergelde by opklimpunt (indien van toepassing) vir u motor by die parkeerplek
Naweek-bustoer-pakket
Neem ook kennis dat ons ‘n BAIE bekostigbare naweekpakket per bus vanaf die JHB lughawe (ORTIA) aanbied, wat via Centurion & Pretoria ry om passasiers op te laai. Daar word in Naboomspuit oornag EN beide dae se vertonings word bygewoon. Hierdie is ‘n heerlike kuiergeleentheid in die Bosveld. Kontak ons vir die volledige Inligtingsdokument.
Indien u graag beide dae se vertonings wil bywoon, maar nie wil oorslaap nie, moet u vir elke dag se bustoerpakket afsonderlik bspreek.
Wie mag saamgaan
Enige pesoon wat wil deel uitmaak van ‘n heerlike dag-uitstappie met as hoofdis Afrikaanse musiek deur top kunstenars in ‘n buitelugteater. Verlede jaar het TALLE vroue en kinders alleen met ons saamgereis na hierdie geleentheid – veilig & ontspanne. Talle wat met hul motors gery het, het aangedui dat busry die oplossing in 2011 sal wees.
Dagtoer Vertrekpunte
Sien vertrektye hieronder.
Bus #1:
Bus #2:
Bus #3:
Bus #4:Birchwood Hotel, naby East Rand Mall (Boksburg)
Fliekskerm by Hillfox Sentrum, Hendrik Potgieterstraat (Roodepoort)
Centurion Lake Hotel, Lenchenstraat (Centurion)
McDonald’s, Kolonade Sentrum, Zambesiweg, (Montana, Pretoria)
Ons stel voor
Bring ‘n hoed, sambreel, sonbrandroom, kampstoel, baie drinkwater, padkos, trui en kombers & ‘n groot glimlag saam. Los die nukke en grille tuis.
Musiekfeeskaartjies
Die Fees se toegangskaartjies verkoop vinnig & die belangstelling en navrae het reeds alle verwagtinge oortref. Bespreek u toerplekke eerder te vroeg as te laat. Onthou u toegangskaartjie tot die Fees is by u toerpakket ingesluit. Bespreek NOU. Die getalle (aantal mense) per vertoning word in 2011 beperk.
Feesterrein
Kurt het ’n pragtige bosveldplaas digby Naboomspruit. ’n Reuse verhoog gaan weer opgerig word en kameras gaan elke aksie van die kunstenaars vasvang en op die groot skerms vertoon. Hekke open 10:00 (Vrydag) & 07:00 (Saterdag).
Daar gaan kosstalletjies, biertente, kunsmarkstalletjies, asook ’n mini-pretpark vir die kleingoed wees. Daar sal ook oorgenoeg toilette wees. Die terrein word ook voldoende belig.
Etes
Geen etes is by die toerprys ingesluit nie. Passasiers is welkom om hul eie padkos saam te bring en kan natuurlik ook by kosstalletjies op die feesterrein etes aankoop. Ons sal ook oppad soontoe by ‘n ‘Ultra City’ stop (en sommer bietjie op die maat van ‘Kaptein’ langs die bus dans!)
Bespreking
Voltooi die aangehegde Besprekingsvorm (een per persoon of paartjie of gesin) en faks dit aan ons saam met die Bank-depositostrokie na 086 687 7344 of 011 913 0552. Doen u bespreking NOU. Moenie wag tot later in die voorjaar nie. Die kaartjies en plekke op die busse verkoop altyd soos soetkoek. “First come, first served”.Ons het nie ‘n beperking op die aantal kaartjies wat u kan koop nie (groepe is dus welkom), maar u plek is eers gewaarborg sodra die betaling gedoen is. Maksimum 44 mense per bus. Indien u die volle bus bespreek, kan ons reël dat u groep ‘tuis’ (in Gauteng) opgelaai word.
U bespreking word skriftelik aan u bevestig.
Let asb. daarop dat u toergelde nie terugbetaalbaar is nie, maar wel oordraagbaar aan iemand anders wat in u plek wil reis.
Geen telefoniese besprekings word gedoen nie.
Kansellasie
Indien die toer VOOR die vertrek gekanselleer word, sal alle betaalde toergelde vergoed word, onderhawig aan die Fees-organiseerders se Reëls en Regulasies t.o.v. die Musiekfees-kaartjies.
Bankbesonderhede
Ons bankbesonderhede verskyn onderaan die Besprekingsvorm.
Nota
Moet asb. NIE alkoholiese drank op die bus saambring nie. U gaan met ‘n rooi gesig sit wanneer ons u gaan vra om dit van die bus af te haal. Sterk drank word NIE by die Feesterrein se hekke ingelaat nie.
Reisgroete
Johan Badenhorst &
JBTT Span
Provisional PROGRAMME
2011 inniBOSVELD-fees, Naboomspruit
Luukse Bustoere vanaf Gauteng
| Vrydag & Saterdag | 18 & 19 Februarie | ||||||||||||||
| Bus #1 | 10:00 Vertrek vanaf Birchwood Hotel, naby East Rand Mall (Boksburg) | ||||||||||||||
| Bus #2 | 10:00 Vertrek vanaf Fliekskerm by Hillfox Sentrum, Hendrik Potgieterstraat (Roodepoort) | ||||||||||||||
| Bus #3 | 11:00 Vertrek vanaf Centurion Lake Hotel, Lenchenstraat (Centurion) | ||||||||||||||
| Bus #4 | 11:00 Vertrek vanaf McDonald’s, Kolonade Sentrum, Zambesiweg, (Montana, Pretoria) | ||||||||||||||
|
|||||||||||||||