- About Us
- Our Tours
- 2012
- Upmarket
- Rates & Dates
- Photo Gallery
- General Information
- Contact Us
- Home

Johannesburg, Centurion & Pretoria na Naboomspruit/Mookgophong, Limpopo
Verblyf op Wildsplaas
Ons 2de toer na Kurt se Fees
18 – 20 Februarie 2011
Nota # 1: Ons bied nog steeds ook ons baie gewilde 1-dag busritte vanaf Pretoria, Johannesburg, Centurion asook die Oos en Wes Rand na Kurt se Fees toe aan.
Nota # 2: Ons bied ook twee ander naweek-pakkette per bus aan. Op die een toer word in die skoolkoshuis in Naboomspruit oornag en die ander een in luukse tente by Die Oog minerale bron buite Naboomspruit. Kontak ons vir die volledige inligting.
Dit is 'n naweek vol opwinding, kuier, geniet, sang & musiek, nuwe talent en stories vertel. Dis ook lekker warm kuierweer in die Bosveld. Gaan geniet elke beskikbare minuut by die Fees teen ‘n BAIE bekostigbare toerprys.
Ons maatskappy het nog elke jaar, vanaf hul ontstaan in 2004, ‘n trein- of bustoer na die Innibos Kunstefees in Nelspruit aangebied. Dieselfde organiseerders het ons maatskappy in 2010 genader om ook vanaf die ‘afskop’ by Kurt se Fees betrokke te wees deur bustoerpakkette soontoe te voorsien. (Nogal ‘n kompliment vir ons!)
In 2010 is daar net op die Saterdagaand by Kurt se plaas Fees gehou. In 2011 gaan daar op die Vrydag- en Saterdagaande musiekfees gehou word, met verskillende kunstenaars op die onderskeie aande. Daar is derhalwe genoeg rede om beide aande by te woon. Van die top name in Afrikaanse musiek in Suid-Afrika sal daar teenwoordig wees om u met hul vertonings te vermaak.
VRYDAG: Kurt met Thys die Bosveldklong, Jay (Eden), Lianie May, Ray Dylan, Rudi en Corlea, Bobby van Jaarsveld, Heinz Winckler, Snotkop, David Fourie & Pieter Koen.
![]() Bobby |
![]() Lianie |
![]() Heinz |
SATERDAG: Kurt met Juanita Du Plessies, Arno Jordaan, Nicholis Louw, Broers, Kevin Leo, Mathys Roets, Emo Adams, Romanz, Jakkie Louw & Steve Hofmeyer.
![]() Nicholis |
![]() Juanita |
![]() Steve |
Verdere goeie nuus is dat daar ook gedurende beide feesdae ‘n middagprogram met opkomende musieksterre aangebied word. U kan dit gratis bywoon.
Besoek gerus ook die fees se amptelike webwerf by http://www.innibosveld.co.za
Die feit dat toergangers in die Oord gehuisves word (6 km vanaf die Feesterrein), maak dit baie verbruikersvriendelik, gemaklik en sinvol vir die toergangers. Geen vér ryery voor en na die vertoning is nodig nie.
Maak hierdie uitstappie sommer ‘n lekker kantoor-, klub- of kuierfunksie. Nooi die pelle uit, stel ‘n groep vriende saam en kuier heerlik in die Bosveld saam. Dit gaan lekker informeel wees.
Die vertoning vind op ‘n reuse verhoog (onderdak) plaas, maar die gehoor (toeskouers) sit op die gras in die natuur. U kan/moet u eie kombers of stoel saambring.
Neem asb. kennis dat GEEN sterk drank die Feesterrein binnegeneem mag word nie. Daar sal in 2011 voldoende kroeë, verversings- en kosstalletjies wees. Maxi’s kitskos restaurant het ‘n aansit-fasiliteit op die perseel en u ontvang twee koopbewyse om eetgoed by hulle aan te koop.
Naam van Toer inniBosveld naweek-bustoer vanaf Gauteng Wildsplaas
Toerdatums & Nommer
18 – 20 Februarie 2011 Bos 5
Tye
Vertrek Vrydag om 11:00 en arriveer terug Sondag om 13:00. Meld asb. reeds vanaf 10:00 by die eerste vertrekpunt aan. Sien program onder.
Plek
Die bus vertrek vanaf die busterminus (by die Intercontinental Hotel) by die Johannesburg-lughawe (ORTIA) & laai passasiers by Centurion Lake Hotel, by die Dros Restaurant in Atterburyweg, skuins oorkant die Menlyn Inkopiesentrum in Pretoria, asook by McDonald’s by die Kolonade Sentrum in Montana, Pretoria, op. Passasiers word ook weer by hierdie plekke afgelaai.
Vlieg in
Passasiers van buite Gauteng kan Vrydagoggend voor 11:00 invlieg na ORTIA (JHB lughawe) en Sondagmiddag na 15:00 weer terugvlieg. Passasiers doen hul eie vlugbesprekings.
Toerprys
Per persoon
Mense per
4-Bed kamerR1900
R2110
R2540
R38204
3
2
1Per persoon Mense per
3-Bed kamerR2000
R2400
R36003
2
1Per persoon Mense per
2-Bed kamerR2100
R28002
1
Ingesluit by die toerprys
Retoer busrit, ligte verversings oppad na die Fees, 2 nagte verblyf (B&O) op ‘n wildsplaas, toegangskaartjie tot Kurt se Fees (vir beide dae), 2 etes op die feesterrein, busvervoer na die feesterrein, toergids en baie pret.
Uitgesluit van toerprys
Alle ander etes, handdoeke vir gebruik, uitgawes van ‘n persoonlike aard & omvattende reisversekering.
Deposito
'n Nie-terugbetaalbare deposito van R500 per persoon word benodig met bespreking. Die deposito en bespreking kan egter na iemand anders oorgedra word, met die toestemming van die operateur.
Die balans van die toerprys moet ten laatste 7 Januarie 2011 betaal word. (Ses weke voor vertrekdatum). Indien nog plek beskikbaar, kan daar ook na 7 Januarie 2011 nog besprekings gedoen word.
Wie mag saamgaan
Enige persoon wat lus het om saam te kuier.
Daar is plek vir 48 mense op die bus. In 2010 was die beskikbaarheid van verblyf in die Naboomspruit/Mookgophong omgewing tydens hierdie naweek baie skaars.
Akkommodasie
Verblyf word in 4-bed/3-bed/2-bed kamers in chalets op Thakadu Wildsplaas buite Naboomspruit verskaf. Daar is een badkamer met stort per chalet beskikbaar, asook ‘n gemeenskalike kombuis en kuier-area. Beddegoed word voorsien, maar handdoeke moet saamgebring word. Ontbyt word ook op die perseel verskaf. Die chalets kan sluit. Ons stel voor u bring asb. u eie hangslot saam vir die kas. Elke chalet het ook ‘n groot braai-area en daar is ‘n swembad op die perseel, asook baie wild wat tussen die chalets deurloop.
![]()
![]()
Nota
Hierdie akkommodasie is baie lekker, netjies en gerieflik - tussen bome geleë. Daar is ook ‘n uitkykpunt by ‘n drinkgat vir wild op die plaas. Bring gerus swemklere saam – die Bosveld raak lekker warm in Februarie maand.
![]()
Etes
2 x Ontbyte word by die koshuis verskaf en 2 etes op die feesterrein is by die toerpakket ingesluit. Alle ander etes is oppad of op die feesterrein beskikbaar.
Bespreking
Voltooi die Besprekingsvorm en faks dit saam met die Bank-depositostrokie, aan JB Train Tours. Faks: 086 687 7344 of 011 913 0552. Die Bankbesonderhede is onderaan die Besprekingsvorm.
Kansellasie van Toer
Indien die toer om welke rede ookal deur die organiseerder voor die vertrek gekanselleer word, sal u in kennis gestel word en die Toerprys sal aan u terugbetaal word. Neem asb. kennis dat JB Train Tours geen verantwoordelikheid neem t.o.v. vlugkaartjies nie.
Sien ook die aangehegde Toer-Program vir die naweek. Vir enige navrae, kontak ons gerus.
Ons sien daarna uit om u op die toer te neem.
GroeteJohan Badenhorst &
JBTT Span
NS Ons het die voorreg gehad om Kurt se inniBosveld Fees vanaf die eerste jaar by te woon & bustoere soontoe te reël.
Ons woon ook nog steeds die jaarlikse KKNKin Oudtshoorn gedurende April per treintoer by, asook die inniBos Kunstefees per luukse bus in Nelspruit in die Laeveld, elke jaar in Julie.
Ons reis ook nog steeds elke jaar in Oktober per bus en/of vliegtuig na die Huisgenoot Skouspel by Sun City EN ons gaan in Maart jaarliks per trein na die Cape Town Jazz Festival. Kom kuier saam.
Voorlopige PROGRAM
2011 “inniBosveld Fees” Naweek Bustoer
Vanaf Gauteng na Naboomspruit/Mookgopong
| Vrydag | 18 Februarie |
| 10:00 | Passasiers ontmoet by Johannesburg-lughawe (ORTIA) |
| 11:00 | Bus vertrek na Naboomspruit Laai passasiers oppad op: |
| 11:30 | Centurion Lake Hotel, Centurion |
| 12:00 | Dros Restaurant in Atterburyweg, Menlopark, Pretoria |
| 12:30 | McDonald’s by Kolonade sentrum, Zambesiweg, Montana, PTA Verversings op die bus |
| 14:30 | Arriveer Naboomspruit Boek in op die Thakadu Wildsplaas |
| 15:00 - 18:00 | Voorprogram – opkomende musieksterre |
| 16:00 | Vertrek per bus na feesterrein – Kurt se wildsplaas Res van die dag & aand op feesterrein |
| 19:00 | Hooffees begin |
| Laataand | Vertrek terug na Thakadu Oornag in koshuis |
| Saterdag | 19 Februarie |
| Ontbyt op Wildsplaas (ingesluit by toerprys) | |
| 11:00 | Bus vertrek na feesterrein Res van die dag & aand op feesterrein |
| 15:00 - 18:00 | Voorprogram – opkomende musieksterre |
| 19:00 | Hooffees begin |
| Laataand | Vertrek terug na Thakadu Oornag op Wildsplaas |
| Sondag | 20 Februarie |
| Ontbyt op Wildsplaas (ingesluit by toerprys) Boek uit |
|
| 10:00 | Bus vertrek na Gauteng |
| 13:00 | Bus arriveer by verskillende aflaaipunte in Gauteng Gaan rus! Moet asb. nie terugvlugte op Sondag voor 15:00 bespreek nie. |