LUUKSE BUSTOER na 2011 INNIBOS KUNSTEFEES

Johannesburg & Pretoria na Nelspruit, Mpumalanga
Ons 8ste toer na Innibos

Kom ry weer saam met ons op ons jaarlikse besoek aan die Nasionale Kunstefees van die Laeveld, die 8ste Innibos Kunstefees in Nelspruit.

Die jaarlikse Innibos Kunstefees word normaalweg in die Junie vakansie aangebied, maar in 2010 moes dit wag tot in September a.g.v. die Sokker Wêreldbeker in Suid Afrika.

Dit is 'n naweek vol opwinding, kuier, geniet, opvoerings, sang & musiek, nuwe talent en stories vertel. Dis ook kuierweer in die soel weer van die Laeveld.

Ons maatskappy het nog elke jaar, vanaf hul ontstaan, ‘n trein- of bustoer na die Innibos Kunstefees aangebied. Vir 2011 het ons weer 'n handige naweek-toerpakket saamgestel vir diegene wat dit graag wil gaan bywoon. Die pakket sluit in: Vervoer per luukse bus vanaf Johannesburg oor Midrand, Centurion & Pretoria na Nelspruit en terug, asook akkommodasie in die heerlike Bushveld Lodge net buite Nelspruit.

Naam van Toer Innibos Bustoer vanaf Gauteng

Toerdatums & Nommer

1 – 3 Julie 2011 (Skoolvakansie)

Inni

Tye

Vertrek Vrydag om 08:00 en arriveer terug Sondag om 18:00. Meld asb.
reeds vanaf 07:00 by die eerste vertrekpunt aan. Sien program onder.

Plek

Die bus vertrek vanaf Johannesburg-stasie & laai passasiers op by die restaurant by New Road afrit in Midrand (op die N1), Centurion Lake Hotel en by die Dros Restaurant in Atterburyweg, skuins oorkant die Menlyn Inkopiesentrum in Pretoria. Passasiers word ook weer by hierdie plekke afgelaai. Passasiers kan ook by Bronkhorstspruit, Witbank en Middelburg op die bus klim en saamry.

Toerprys    

Koste beloop R1740 per persoon wat 'n dubbelkamer deel. (Geen afslag vir kinders nie). Enkeltarief is R2235 pp.

Ingesluit by die toerpys

Retoer busrit, 2 nagte verblyf (B&O) in die Bushveld Lodge  & toergids.

Uitgesluit van toerprys

Alle ander etes, toegang tot die feesterrein, uitgawes van ‘n persoonlike aard & omvattende reisversekering.

Deposito

'n Nie-terugbetaalbare deposito van R500 per persoon word benodig met bespreking. Die deposito en bespreking kan egter na iemand anders oorgedra word, met die toestemming van die organiseerder.

Die balans van die toerprys moet ten laatste 17 Mei 2011 betaal word. (Ses weke voor vertrekdatum)

Wie mag saamgaan

Enige persoon wat lus het om saam te kuier.

Daar is plek vir 44 mense op die bus. Volgens Innibos se Verblyfreëlingskomitee, is die beskikbare verblyf in Nelspruit altyd te min.

Akkommodasie

Verblyf word in die Bushveld Lodge (www.bushveldlodge.co.za), 4km buite Nelspruit op die walle van die Gladdespruit, verskaf. Twee mense per kamer – enkel- of dubbelbeddens.

Etes

2 x Ontbyte word by die Lodge verskaf. Alle ander etes is oppad of op die Feesterrein beskikbaar.

Bespreking

Voltooi die Besprekingsvorm en faks dit saam met die Bank-depositostrokie, aan JB Train Tours. Faks: 086 687 7344 of 011 913 0552. Die Bankbesonderhede is onderaan die Besprekingsvorm.

Kansellasie van Toer

Indien die toer om welke rede ookal deur die organiseerder voor die vertrek gekanselleer word, sal u in kennis gestel word en die Toerprys sal aan u terugbetaal word.

Elke toerganger is verantwoordelik om sy/haar:

1. Eie besprekings te doen t.o.v. van vertonings ("shows") wat bygewoon wil word. Bespreek by CompuTicket. Tel: 011 340 8000 of aanlyn www.computicket.co.za . Ons stel voor dat u ten vroegste Vrydagaand 19:00 'n vertoning bespreek
2. Etes - ondersteun Innibos se talle kosstalletjies
3. Besoek Innibos se webwerf: www.innibos.co.za vir meer inligting

Sien ook die aangehegde Toer-Program vir die naweek. Vir enige navrae, kontak ons gerus.

Ons sien daarna uit om u op die toer te neem.

Reisgroete

Johan Badenhorst &
Die JB Train Tours Span

NS           Ons het die voorreg gehad om die Innibos Kunstefees die afgelope 7 jaar per trein & bus by te woon.

Ons woon nog steeds die jaarlikse KKNK in Oudtshoorn gedurende April per treintoer by. Gaan volgende jaar saam soontoe! Ons reis ook nog steeds jaarliks in Oktober per bus en/of vliegtuig na die Huisgenoot Skouspel by Sun City.

 

Provisional PROGRAMME

2011 “Innibos Kunstefees” Bustoer
Vanaf Gauteng na Nelspruit

Vrydag 1 Julie
   
07:00 Passasiers ontmoet by Johannesburg-stasie
08:00 Bus vertrek na Nelspruit
Laai passasiers oppad op:
08:30 New Road in Midrand
09:00 Centurion Lake Hotel
09:30 Dros Restaurant in Atterburyweg
Eie verversings op die bus
15:00 Arriveer Nelspruit
Boek in lodge in
Res van die dag & aand - eie program (Bus ry na & van feesterrein)
Oornag in Lodge
   
Saterdag 2 Julie
   
  Ontbyt in Lodge (ingesluit by toerprys)
11:00 Bus vertrek na Feesterrein
Res van die dag & aand - eie program (Bus ry na & van feesterrein)
Oornag in Lodge
   
Sondag 3 Julie
   
  Ontbyt in Lodge (ingesluit by toerprys)
Boek uit by Lodge
10:00 Bus vertrek na Gauteng
18:00 Bus arriveer in Gauteng
Gaan rus!

RESERVATION FORM

GENERAL INFORMATION ABOUT THE TRAIN