- About Us
- Our Tours
- 2012
- Upmarket
- Rates & Dates
- Photo Gallery
- General Information
- Contact Us
- Home

Ons het egter seker gemaak dat ons voldoende kaartjies kry sodat u kan saamreis.
Kom geniet die room van Afrikaanse kunstenaars (sowat 40 van hulle op een dag bymekaar), in ‘n ongelooflik-lekker ‘drie-uur plus’ lange konsert. Al die bekende en groot name sal daar wees. Die ‘Skouspel’ vind weer in Sun City se ‘Super Bowl’ plaas en al ses vertonings word altyd vinnig uitverkoop. Die klank is uitstekend, die kunstenaars puik en die program heerlik.
Daar is ses verskillende vertonings op 4 verskillende datums waaruit u kan kies en dit is ons maatskappy se heerlike voorreg om vir die 7de jaar mense per bus en vliegtuig soontoe te neem.
Ons vertrek in die oggend per luukse bus uit Johannesburg & Centurion/Pretoria & die Oos Rand & die Wes Rand, kuier by Sun City, woon die vertoning by en keer weer laataand terug.
Ons ry met luukse busse, daar word verversings oppad bedien, ‘n gids ry saam, u spandeer kuiertyd voor die vertoning by Sun City & geniet die fasiliteite en dan woon ons die Huisgenoot Skouspel in die Super Bowl by.
PLUS ons reël vir u sekuriteitsdienste & parkering by die busse se opklimplekke: Dit is derhalwe nie nodig dat u by die opklimplek afgelaai word nie. NB Let asb. op dat JB Train Tours NIE verantwoordelikheid vir die veiligheid van u voertuie kan aanvaar of waarborg nie. U laat u voertuig nog steeds daar op u eie risiko.
Aangeheg vind u ‘n vorm om te voltooi en aan ons terug te faks by 086 687 7344 of 011 913 0552. Bespreek NOU. Al ons plekke op die busse was die afgelope paar jaar uitverkoop. 2011 sal nie verskil nie.
Maak hierdie uitstappie sommer ‘n lekker kantoor-, kerk- of klub- of jaareindfunksie. Nooi die pelle uit, stel ‘n groep vriende saam en kuier heerlik saam. Wanneer u die Huisgenoot Skouspel eers eenmaal bygewoon het, gaan u weer en weer en weer en ……
Met die vorige jare se Skouspel het ons passasiers vanaf Kaapstad, Rawsonville, Newcastle, Durban, Port Shepstone, Montagu, Velddrift, Lutzville, Worcester, Lydenburg, Komatipoort, Lichtenburg, Kimberley, Upington, Leeudoringstad, Windhoek, Gobabis, Potchefstroom, Ventersdorp, Makwassie, Bloemfontein, Koppies, Maseru, Polokwane, Phalaborwa, Nelspruit, Dubai, Moskou en talle ander dorpe en stede regoor Suid Afrika op ons busse gehad - selfs vanaf Rustenburg (45km vanaf Sun City!). Ons het bykans 3800 mense in 2007, 2008, 2009 & 2010 na die Huisgenoot Skouspel geneem. Een maatskappy en ‘n Engelse hoërskool het alreeds weer soveel as 2 busse bespreek.
The 12th annual Huisgenoot Skouspel promises to be more exciting than the previous ones. In previous years we were fortunate to take MANY English speaking passengers on our trips to the ‘Skouspel’ and they roared about it, buying the DVD’s and CD’s afterwards.
Take the bridge or bowling club or perhaps the church committee – just be there!Naam van Toer Huisgenoot Skouspel Luukse Bustoere vanaf Gauteng
Toerdatums
Saterdag 8 Oktober 2010 Middag en aand 14:00 & 20:00 Sondag 9 Oktober 2010 Middagvertoning 12:00 Saterdag 15 Oktober 2010 Middag en aand 13:00 & 19:00 Sondag 16 Oktober 2010 Middagvertoning 12:00
Toerprys
R950 per persoon
Kinders betaal dieselfde prys
Deposito
‘n R500 per persoon nie-terugbetaalbare deposito verseker u plek. Die balans is betaalbaar ten laatste ‘n maand voor u vertrekdatum. Indien dit nie betaal word nie, word u plek outomaties gekanselleer. U kan egter eenmalig ook die volle bedrag betaal.
Wie mag saamgaan
Enige pesoon wat wil deel uitmaak van ‘n heerlike dag-uitstappie met as hoofdis Afrikaanse musiek deur top kunstenars in ‘n uitstekende teater. Vorige jare het TALLE vroue en kinders alleen saamgereis – veilig & ontspanne.
Opklimpunte
Vertrek vanaf Birchwood Hotel, naby East Rand Mall (Boksburg)
Vertrek vanaf sirkel by “The Glen” Inkopiesentrum (Oakdene/ Glenvista - JHB) (Langs N12 snelweg)
Vertrek vanaf Fliekskerm by Hillfox Sentrum, Hendrik Potgieterstraat (Roodepoort)
Vertrek vanaf Centurion Lake Hotel, Lenchenstraat (Centurion). Parkeer oorkant Hotel of binne hotelgronde (eie koste)
Vertrek vanaf McDonald’s, Kolonade Sentrum, Zambesiweg, (Montana, Pretoria)
Ingesluit in prys
Retoer busrit per luukse bus na Sun City, ligte versnapperinge op die bus, toegang tot die Sun City terrein, toegangskaartjie tot die ‘Huisgenoot Skouspel’, sekuriteitswagte by die opklimpunte (vir u motor se oppas), ‘n spesiale verrassings-item en toergids.
Uitgesluit
Ander uitgawes & aktiwiteite by Sun City, etes, parkeergelde (indien van toepassing) vir u motor by die parkeerplek
Skouspelkaartjies
Die Huisgenoot Skouspel se toegangskaartjies is so skaars soos hoendertande. Bespreek u plekke eerder te vroeg as te laat. Bespreek NOU.
Ons het slegs ‘n beperkte aantal kaartjies per vertoning kon bestel. Dit is goeie sitplekke. Dit is almal ‘Lower-upper’ in blokke J, K & L.
![]()
Ons het ook enkele ‘los’ kaartjies beskikbaar. Dit is geskik vir mense wat met hul eie vervoer na die Skouspel wil ry en sluit net die Skouspelkaartjie in. Kostes is R520 per kaartjie.
Etes
Vanjaar is geen etes by die toerprys ingesluit nie. Net ligte verversings. Passasiers is welkom om hul eie padkos saam te bring en kan natuurlik ook by Sun City self etes aankoop.
Bespreking
Voltooi die onderstaande Besprekingsvorm (een per persoon of paartjie) en faks dit aan ons saam met die Bank-depositostrokie na 086 687 7344 of 011 913 0552. Doen u bespreking NOU. Moenie wag tot later in die voorjaar nie. Die kaartjies en plekke op die busse verkoop soos soetkoek. “First come, first served”.Ons het nie ‘n beperking op die aantal kaartjies wat u kan koop nie (groepe is dus welkom), maar u plek is eers gewaarborg sodra die betaling gedoen is. Maksimum 44 mense per bus. Indien u die volle bus bespreek, kan ons reël dat u groep ‘tuis’ (in Gauteng) opgelaai word.
U bespreking word skriftelik aan u bevestig.
Let asb. daarop dat u toergelde nie terugbetaalbaar is nie, maar wel oordraagbaar aan iemand anders wat in u plek wil reis.
Geen telefoniese besprekings word gedoen nie.
Bankbesonderhede
Ons bankbesonderhede verskyn onderaan die Besprekingsvorm.
Nota
Ons kan nie groot ‘cooler boxes’ binne die bus toelaat nie. ‘6-Packs’ wel. GEEN alkoholiese drank word binne die bus toegelaat nie.
Onthou om ‘n swembroek en handdoek in te pak. Sun City se fasiliteite is tot u beskikking – vir u eie sak!
Reisgroete
Johan Badenhorst
& JBTT Span
Voorlopige PROGRAMME
2011 Huisgenoot Skouspel - Luukse Bustoer
| Saterdag | 8 Oktober Middagvertoning Toer #1 | ||||||||
| Bus #1: | 07:00 Vertrek vanaf Birchwood Hotel, naby East Rand Mall (Boksburg) 07:30 Vertrek vanaf sirkel by “The Glen” Inkopiesentrum (Oakdene/ Glenvista - JHB) (Langs N12 snelweg) 08:00 Vertrek vanaf Fliekskerm by Hillfox Sentrum, Hendrik Potgieterstraat (Roodepoort) |
||||||||
| Bus #2: | 08:00 Vertrek vanaf Centurion Lake Hotel, Lenchenstraat (Centurion) 09:00 Vertrek vanaf McDonald’s, Kolonade Sentrum, Zambesiweg, (Montana, Pretoria) |
||||||||
|
|||||||||
| Saterdag | 8 Oktober Aandvertoning Toer #2 | ||||||||
| Bus #1: | 11:00 Vertrek vanaf Centurion Lake Hotel, Lenchenstraat (Centurion) 12:00 Vertrek vanaf McDonald’s, Kolonade Sentrum, Zambesiweg, (Montana, Pretoria) |
||||||||
|
|||||||||
| Sondag | 9 Oktober Middagvertoning Toer #3 | ||||||||
| Bus #1: | 08:00 Vertrek vanaf Centurion Lake Hotel, Lenchenstraat (Centurion) 09:00 Vertrek vanaf McDonald’s, Kolonade Sentrum, Zambesieweg, (Montana, Pretoria) |
||||||||
|
|||||||||
| Saterdag | 15 Oktober Middagvertoning Toer #4 | ||||||||
| Bus #1: | 07:00 Vertrek vanaf Birchwood Hotel, naby East Rand Mall (Boksburg) 07:30 Vertrek vanaf “The Glen” Inkopiesentrum (Oakdene/Glenvista - JHB) (Langs N12 snelweg) 08:00 Vertrek vanaf Fliekskerm byHillfox Sentrum, Hendrik Potgieterstraat (Roodepoort) |
||||||||
| Bus #2: | 08:00 Vertrek vanaf Centurion Lake Hotel, Lenchenstraat (Centurion) 09:00 Vertrek vanaf McDonald’s, Kolonade Sentrum, Zambesieweg, (Montana, Pretoria) |
||||||||
|
|||||||||
| Saterdag | 15 Oktober Aandvertoning Toer #5 | ||||||||
| Bus #1: | 11:00 Vertrek vanaf Centurion Lake Hotel, Lenchenstraat (Centurion) 12:00 Vertrek vanaf McDonald’s, Kolonade Sentrum, Zambesieweg, (Montana, Pretoria) |
||||||||
|
|||||||||
| Sondag | 16 Oktober Middagvertoning Toer #6 | ||||||||
| Bus #1: | 08:00 Vertrek vanaf Centurion Lake Hotel, Lenchenstraat (Centurion) 09:00 Vertrek vanaf McDonald’s, Kolonade Sentrum, Zambesieweg, (Montana, Pretoria) |
||||||||
|