2011 HUISGENOOT SKOUSPEL
VLIEGTUIGTOERE
7 tot 9 & 14 tot 16 Oktober 2011
Vanaf Durban na JOHANNESBURG & SUN CITY

Die 12de Jaarlikse Huisgenoot Skouspel by Sun City beloof om groter, beter en lekkerder as voriges te wees. Die Skouspel vind reeds meer as ‘n dekade plaas en iets ‘groots’ word weer beplan. Kaartjies vir die 2011 ‘Skouspel’ is reeds vir die publiek by Computicket beskikbaar en dit het weer, net soos vorige jare, “gevlieg”.

Ons het egter seker gemaak dat ons voldoende & goeie kaartjies kry sodat u kan saamreis.

Kom geniet die Afrikaanse kunstenaars (sowat 40+ van hulle op een dag bymekaar), in ‘n ongelooflik-lekker ‘drie-uur plus nog ‘n bietjie’ lange konsert. Al die bekende en groot name sal daar wees. Die ‘Skouspel’ vind weer in Sun City se ‘Super Bowl’ plaas en al ses die vertonings word altyd vinnig uitverkoop. Die klank is uitstekend, die kunstenaars puik en die program heerlik. (Vra maar vir diegene wat elke jaar die Skouspel bywoon)

Wanneer u op hierdie toer saamreis, sal u die Saterdagmiddag se vertoning bywoon. (Terloops, ons het in 2011 weer 18 busse wat na die Huisgenoot Skouspel gaan – hierdie toere vertrek hoofsaaklik vanuit Gauteng.)

Die vlug vanuit Durban vertrek die Vrydag en u arriveer weer Sondagmiddag terug in Durban. ‘n Heerlike naweek-wegbreek.

Die Saterdagoggend vertrek u vroegerig per luukse bus vanaf die hotel, kuier by Sun City, woon die vertoning by en keer weer laataand terug.

Ons ry met ‘n luukse bus, daar word ligte verversings oppad bedien, ‘n gids ry saam, u spandeer kuiertyd voor & na die vertoning by Sun City & geniet die fasiliteite en dan woon ons natuurlik die 12de Huisgenoot Skouspel in die Super Bowl by.

Aangeheg vind u ‘n vorm om te voltooi en aan ons terug te faks by 086 687 7344. Bespreek NOU. Al ons plekke op die busse & toere was in 2006 tot 2010 uitverkoop. 2011 sal nie verskil nie.

Maak hierdie uitstappie sommer ‘n lekker kantoor-, kerk- of klubfunksie. Nooi die pelle uit, stel ‘n groep vriende saam en kuier heerlik. Wanneer u die Huisgenoot Skouspel eers eenmaal bygewoon het, gaan u weer en weer en weer en ……

Met die vorige jare se Skouspel het ons passasiers vanaf Kaapstad, Rawsonville, Newcastle, Durban, Port Shepstone, Montagu, Velddrift, Lutzville, Worcester, Lydenburg, Komatipoort, Lichtenburg, Kimberley, Upington, Leeudoringstad, Port Elizabeth, Oos Londen, Kirkwood, Patensie, Lambertsbaai, Windhoek, Gobabis, Bloemfontein, Koppies, Maseru, Polokwane, Potchefstroom, Phalaborwa, Nelspruit, Dubai, Moskou en talle ander dorpe en stede regoor Suid Afrika op ons vlugte en busse gehad - selfs vanaf Rustenburg (45km vanaf Sun City!). Ons het bykans 3800 mense vanaf 2006 tot 2010 na die Huisgenoot Skouspel geneem.

The 12th annual Huisgenoot Skouspel promises to be more exciting than the previous one. In previous years we were fortunate to take MANY English speaking passengers on our trips to the ‘Skouspel’ and they roared about it, buying the DVD’s and CD’s afterwards.

Take the bridge or bowling club or perhaps the church committee – just be there!

Naam van Toer Huisgenoot Skouspel Vliegtuigtoer vanaf Durban

Toerdatums

Vrydag 7 Oktober tot Sondag 9 Oktober 2011
Vrydag 14 Oktober tot Sondag 16 Oktober 2011

Toerprys

R3800 per persoon wat hotelkamer deel
R4500 per persoon - enkeltarief
Kinders betaal dieselfde prys

Hierdie pryse is onderhawig aan veranderinge indien vliegtuigkaartjies se kostes bokant ons begrote bedrag sou styg. (Bespreek derhalwe NOU).

Deposito

‘n R2000 per persoon nie-terugbetaalbare deposito verseker u plek. (Hierdie deposito is deel van u toerprys). Die balans is betaalbaar ten laatste ‘n maand voor u vertrekdatum. Indien dit nie betaal word nie, word u plek outomaties gekanselleer.

Wie mag saamgaan

Enige pesoon wat wil deel uitmaak van ‘n heerlike naweek-uitstappie met hoofdis Afrikaanse musiek deur top kunstenaars in ‘n uitstekende teater. Met vorige toere het TALLE vroue en kinders alleen saamgereis – veilig & ontspanne.

Ingesluit in prys

Retoervlug tussen Durban en Johannesburg, 2 nagte akkommodasie in ‘n 3-ster hotel (B&O), busvervoer tussen die lughawe en hotel, retoer busrit per luukse bus na Sun City, versnapperinge op die bus, toegang tot Sun City terrein, toegangskaartjie tot die ‘Huisgenoot Skouspel’, ‘n spesiale herdenkings-item (verrassing) en toergids in Gauteng.

Uitgesluit

Ander uitgawes by Sun City, etes en uitgawes van ‘n persoonlike aard.

Skouspelkaartjies

Ons het slegs ‘n beperkte aantal kaartjies per vertoning kon bestel. Dit is goeie sitplekke. Dit is almal ‘Lower-upper’ in blokke J, K & L.

Huisgenoot Skouspel 2011 Sitplekke

Etes

Vanjaar is geen etes by die toer ingesluit nie (behalwe ontbyt elke dag). Passasiers is welkom om hul eie padkos saam te bring en kan natuurlik ook by Sun City self etes aankoop.

Akkommodasie

U verblyf is vir 2 nagte in ‘n 3-ster hotel. Daar is ook heerlike eetplekke naby die hotel.

Vlugbespreking

Ons doen u vlugbespreking en sal die tyd & lugredery skriftelik aan u bevestig. Indien u daarna enige veranderinge sal wil aanbring (datum, tyd, naam, ens.) sal dit vir u eie sak wees.

Bespreking

Voltooi die onderstaande Besprekingsvorm (een per persoon of paartjie) en faks dit aan ons saam met die Bank-depositostrokie na 086 687 7344 of 011 913 0552. Doen u bespreking NOU. Moenie wag tot later in die voorjaar nie. Die kaartjies en plekke op die toere verkoop soos soetkoek. “First come, first served”. Ons het net 44 sitplekke per toer beskikbaar.

Ons het nie ‘n beperking op die aantal kaartjies wat u kan koop nie (groepe is dus welkom), maar u plek is eers gewaarborg sodra die betaling gedoen is.

U bespreking word skriftelik aan u bevestig.

Let asb. daarop dat u toergelde nie terugbetaalbaar is nie, maar wel oordraagbaar aan iemand anders wat in u plek wil reis. Daar is kostes aan verbonde indien naamveranderinge op vlugte aangebring word.

Geen telefoniese besprekings word gedoen nie.

Bankbesonderhede

Ons bankbesonderhede verskyn onderaan die Besprekingsvorm.

Nota 1

Ons kan nie groot ‘cooler boxes’ binne die bus toelaat nie. ‘6-Packs’ wel. GEEN alkoholiese drank word binne die bus toegelaat nie.

Nota 2

Hierdie toer is basies dieselfde as die 2006 tot 2010 toere wat baie ‘lofsange’ ontlok het. Ons het net enkele verstellings gemaak om dit nog beter te maak.

Onthou om ‘n swembroek en handdoek in te pak. Sun City (Bv: “Valley of the Waves”) se fasiliteite is tot u beskikking (eie sak).

Reisgroete

Johan Badenhorst
& JBTT Span

Voorlopige PROGRAMME

2011 Huisgenoot Skouspel - Vliegtuigtoer vanaf Durban

Vrydag 7 & 14 Oktober 2011
   
v.m

Meld by Durban Lughawe aan en boek in
Vlug vertrek na JHB
Arriveer JHB
Vertrek per bus na hotel & boek in
Vryetyd – talle heerlike eet- & kuierplekke naby die hotel
Oornag in hotel

   
Saterdag 8 & 15 Oktober 2011
   
Vanaf 07:00
08:00
11:00

14:00 & 13:00

19:00
Ontbyt
Bus vertrek na Sun City
Arriveer Sun City
Vryetyd
Huisgenoot Skouspel
Bus vertrek na Hotel
Oornag in hotel
   
Sondag 9 & 16 Oktober 2011
   
Vanaf 07:00 Ontbyt
Boek uit by hotel
v.m. Bus vertrek na lughawe
Vlug vertrek na Durban
v.m. Arriveer Durban
Gaan huistoe en rus!

RESERVATION FORM

GENERAL INFORMATION ABOUT THE TRAIN