- About Us
- Our Tours
- 2012
- Upmarket
- Rates & Dates
- Photo Gallery
- General Information
- Contact Us
- Home

Vertrek vanaf Johannesburg
7 Dae
Oornag in skoolkoshuis
Hierdie toer is ‘n kombinasie van lekker treinry, slaap op die trein, heerlike treinkos eet, oornag in ‘n skoolkoshuis in Kuilsrivier, busvervoer in die Kaap, dans en kuier en ou vriende raakloop en nuwes ontmoet.
Is u moeg vir vêr ry, self motorbestuur, soek vir akkommodasie, verdwaal en bekommerd wees oor die logistieke reëlings? Kom ry saam met ons en ons doen al die beplanning en reëlings namens u. Geen tolhekke, petrolprysstygings, swaar verkeer of lang ente bestuur deur die Karoo nie. Die toerprys is ook BAIE kompeterend.
Enige persoon wat lus het om te kuier, graag wil treinry, die AJV wil bywoon en die Boeremusiekkompetisie wil bywoon en wat nie omgee om in ‘n skoolkoshuis te slaap nie, kan saamry. U gaan ook weer lekker koshuiskos eet! Hierdie toer is geskik vir mense van alle ouderdomme en geslagte van oraloor. Hierdie toer is uitsluitlik vir Boeremusiek-ondersteuners. Musici wat gaan deelneem reis met ‘n ander toerpakket, hoewel hulle ook saam op die trein reis.
Daar word twee toere aangebied (Sien die datums hieronder).
Die aantal kamers en beskikbare beddens in die Jan Kriel skool in Kuilsrivier se koshuis is uiteraard baie beperk en derhalwe het alle kamers 4 beddens in. So ook is die kompartemente op die trein ook 4-bed. Let asb. ook daarop dat die ablusiegeriewe in die koshuise deelfasiliteite is. (Mans en dames geriewe is egter wel apart!) Daar is m.a.w. nie en-suite badkamers nie.Toernaam 2011 Boeremusiek-treintoere – vanaf JHB
Toerdatums & Nommer
5 tot 11 Oktober 2011 Woens - Dins BM # 2 Die BM #1 toer is net vir musikante & Boeremusiekgilde komiteelede:
6 tot 10 Oktober 2011 Don - Maan BM # 1
Vertrektye
Johannesburg 12:30 Perron 16 Day 1 Bellville 10:35 Perron 1 Day 6
Arriveertye
Bellville 14:50 Perron 1 Day 2 Johannesburg 12:16 Perron 16 Day 7
Toerprys 4-Bed Kompartement op Trein & Beddens/Koshuiskamer
Prys per Volwassene Mense per
Komp’mentMense per
KoshuiskamerR2190 4 4 R2620 3 3
Kinders
Kinders met ouderdomme 2 – 9 betaal R450 per kind minder. Jonger kinders, wat ‘n bed met die ouer deel, reis gratis saam.
Deposito
‘n R500 per persoon nie-terugbetaalbare deposito sal u plek op die toer verseker. Die balans is betaalbaar ten laaste 6 weke voor vertrekdatum. Indien nie betaal nie, sal u plek outomaties gekanselleer word.
By die toerprys ingesluit
Retoer treinrit op die Trans Karoo Toeristeklas trein; 2 nagte akkommodasie op die trein, 4 nagte Bed & Ontbyt akkommodasie in die skoolkoshuis, ontbyte en aandetes op die trein, busvervoer tussen Bellville stasie en die koshuis in Kuilsrivier (en weer terug), een dag bus-uitstappie en ‘n toergids wat saamreis.
Van die toerprys uitgesluit
Beddegoed op die trein of in die koshuis, alle ander etes in die Kaap en middagetes op die trein, persoonlike uitgawes, toegang tot die Boeremusiekkompetisie, Omvattende reisversekering en enige ander uitgawes nie in die toerprogram genoem nie.
Etes
Slegs die ontbyte en aandetes op die trein, asook ontbyt in die koshuis, is by die toerprys ingesluit. Alle ander etes is op die trein of in Kuilsrivier beskikbaar.
Beddegoed
Bring u eie beddegoed vir die trein, sowel as gebruik in die koshuis, saam.
Roete
U reis op die Trans Karoo Toeriste-klas Trein vanaf Johannesburg na Bellville (20 km voor Kaapstad) via Potchefstroom, Klerksdorp, Kimberley, De Aar, Beaufort West en Worcester. Passasiers kan ook langs die roete op die trein klim. Dui asb. so op u Besprekingsvorm aan.
Akkommodasie
Passasiers slaap vir 4 nagte in een van vier koshuise by die Jan Kriel skool in Kuilsrivier. Daar is vier beddens per kamer en die ablusiegeriewe word gedeel. Die eetsaal is in die koshuis en daar is ‘n gemeenskaplike TV kamer. Die saal waar die Boeremusiekkompetisie plaasvind is ook op die skoolterrein geleë.
Busvervoer in die Kaap
Ons maak gebruik van ‘n 60-sitplek semi-luukse bus in die Kaap.
Bagasie
Bring asb. die minimum bagasie saam. Een tas per persoon is voldoende.
Busuitstappie
Daar sal op die Sondag ‘n busuitstappie na Kaapstad onderneem word. Die busvervoer is by die toerprys ingesluit, maar enige toegangsfooie by toersitebestemmings is uitgesluit.
Musiek op die trein
Bring gerus enige musiekinstrumente saam sodat daar op die trein gekuier kan word. Nota: Ons bevel aan dat die klavier nie saamkom nie!
Bespreek NOU! Daar is plek vir ‘n maksimum van 60 mense op hierdie toer. Voltooi die Aangehegde Besprekingsvorm (Sien die laaste bladsy van die aangehegde FAQ’s) en stuur dit direk aan JB Train Tours saam met die Bewys van Betaling van u deposito of volle toergelde. GEEN besprekings word by die Boeremusiekgilde gedoen nie. ‘EFT’ oorbetalings kan ook gedoen word.
Besprekings sluit sodra al die plekke vol bespreek is.Let wel
Die musikante wat in die Kaap gaan deelneem se besprekings word deur die Boeremusiekgilde gedoen. Kontak vir Wessel Potgieter (voorsitter Noordstreek) by Tel: (011) 976-1644 of 082 456-2853 of e-pos: wespot@telkomsa.net
Nota
Musikante kan wel op hierdie toer (BM # 2) saamry, maar moet die volle toerprys betaal.
Nota
Let asb. daarop dat ons ook 'n 9-dag Boeremusiektreintoer aanbied wat van 4 tot 12 Oktober 2011 sal plaasvind. Daar word op hierdie 9-dag treintoer in ‘n hotel in Kaapstad oornag en Toeriste-uitstappies word onderneem. Die Boeremusiekkompetisie word ook die Saterdagaand in Kuilsrivier bygewoon. Kontak ons vir meer besonderhede i.s. BM #3.
Travel greetings
Johan Badenhorst &
The JB Train Tours Team
Looptye van die trein
Johannesburg - Kaapstad - Johannesburg
| Train Station | Arrival | Departure | Train Station | Arrival | Departure |
| Johannesburg | 12:30 day 1 | Cape Town | 10:00 day 6 | ||
| Krugersdorp | 13:09 day 1 | 13:14 day 1 | Bellville | 10:25 day 6 | 10:35 day 6 |
| Potchefstroom | 15:16 day 1 | 15:29 day 1 | Hugenot | 11:15 day 6 | 11:19 day 6 |
| Klerksdorp | 16:09 day 1 | 16:25 day 1 | Wellington | 11:30 day 6 | 11:36 day 6 |
| Christiana | 19:11 day 1 | 19:16 day 1 | Worcester | 13:10 day 6 | 13:30 day 6 |
| Warrenton | 19:49 day 1 | 19:55 day 1 | Matjiesfontein | 15:31 day 6 | 15:36 day 6 |
| Kimberley | 20:54 day 1 | 21:10 day 1 | Laingsburg | 16:00 day 6 | 16:10 day 6 |
| De Aar | 01:18 day 2 | 01:35 day 2 | Beaufort west | 19:25 day 6 | 19:50 day 6 |
| Hutchinson | 03:30 day 2 | 03:35 day 2 | Hutchinson | 21:34 day 6 | 21:39 day 6 |
| Beaufort West | 09:05 day 2 | 09:15 day 2 | De Aar | 23:25 day 6 | 23:45 day 6 |
| Laingsburg | 06:27 day 2 | 06:47 day 2 | Kimberley | 03:32 day 7 | 03:46 day 7 |
| Matjiesfontein | 09:38 day 2 | 09:43 day 2 | Warrenton | 04:43 day 7 | 04:48 day 7 |
| Worcester | 11:50 day 2 | 12:05 day 2 | Christiana | 05:16 day 7 | 05:21 day 7 |
| Wellington | 13:50 day 2 | 13:54 day 2 | Klerksdorp | 08:14 day 7 | 08:26 day 7 |
| Hugenot | 14:05 day 2 | 14:09 day 2 | Potchefstroom | 09:08 day 7 | 09:13 day 7 |
| Bellville | 14:50 day 2 | 15:00 day 2 | Krugersdorp | 11:20 day 7 | 11:25 day 7 |
| Cape Town | 15:30 day 2 | Johannesburg | 12:16 day 7 |
Voorlopige PROGRAM
2011 BOEREMUSIEK TREINTOERE – vertrek vanaf Johannesburg
| Dag 1 | Woensdag |
| Vanaf 11:30 | Passasiers meld by Johannesburg stasie aan - Perron 16 |
| 12:30 | Trein vertrek vanaf Johannesburg |
| Dag 2 | Donderdag |
| 07:00 | Ontbyt op die trein (ingesluit by die toerprys) Alle ander etes op die trein beskikbaar (eie sak) |
| 14:50 | Arriveer in Bellville |
| Dag 3 | Vrydag |
| 07:00 | Ontbyt in die koshuis (ingesluit by die toerprys) Eie dagprogram |
| 19:00 | AJV (Vrydag) - Boeremusiekgilde - saal op terrein Oornag in koshuis |
| Day 4 | Saterdag |
| 08:00 | Ontbyt in die koshuis (ingesluit by die toerprys) Eie dagprogram Boeremusiekkompetisie (Saterdag) – saal op terrein Oornag in koshuis |
| Day 5 | Sondag |
| 08:00 10:00 - 17:00 |
Ontbyt in die koshuis (ingesluit by die toerprys) |
| Day 6 | Maandag |
| 07:00 09:00 10:35 |
Ontbyt in die koshuis (ingesluit by die toerprys) |
| Day 7 | Dinsdag |
| 07:00 | Ontbyt op die trein (ingesluit by die toerprys) |
| 12:16 | Arriveer Johannesburg stasie – Perron 16 |